John 4:51 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl hy nou afgaan, het sy dienaars hom tegemoet gekom en hom meegedeel en gesê: Jou seun leef.
Afrikaans (NLV) 2011 Sommer nog terwyl hy op pad was, het die slawe hom tegemoetgegaan en gesê dat sy seun leef.
Afrikaans 1933/1953 En toe hy al op pad was huis toe, kom sy diensknegte hom tegemoet en bring die berig en sê: U kind lewe!
Afrikaans 1983 Toe hy nog op pad was, het sy werksmense hom al tegemoet gegaan en vertel dat sy kind lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En terwyl hy nog op pad was, het sy dienaars hom tegemoet gekom en vertel dat sy kind leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl hy huis toe gaan, het sy slawe by hom gekom. Hulle het vir hom gesê sy kind is gesond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy was nog op pad toe sy werkers al met die goeie nuus aankom: “U seun leef!”