John 4:49 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die edelman sê vir hom: Meneer, kom af voordat my kind sterwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koninklike amptenaar sê toe vir Hom: “Meneer, kom asseblief voordat my seuntjie sterf.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die koninklike beampte sê vir Hom: Here, kom af voordat my kind sterwe. |
| Afrikaans 1983 | En toe sê die amptenaar vir Hom: “Here, kom tog voordat my kindjie sterwe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koninklike amptenaar sê vir Hom: “Meneer, kom tog, voordat my kindjie sterf.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die amptenaar van die koning sê toe vir Jesus: “Here, kom asseblief gou voor my seuntjie sterf!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die man hou toe egter vol: “Here, kom tog asseblief gou voordat my kind doodgaan.” |