John 4:47 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe hy hoor dat Jesus uit Judéa na Galilea gekom het, het hy na hom gegaan en hom gesmeek om af te kom en sy seun gesond te maak, want hy was op die punt om te sterf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hy hoor dat Jesus uit Judea in Galilea aangekom het, het hy vinnig na Hom toe gegaan en Hom gesmeek om te kom en die seun te genees, want hy was reeds sterwend. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe hy hoor dat Jesus uit Judiain Galil,a gekom het, gaan hy na Hom en vra Hom om af te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê. |
| Afrikaans 1983 | Toe hy hoor dat Jesus uit Judea na Galilea toe gekom het, het hy na Hom toe gegaan en Hom gevra om te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy hoor dat Jesus van Judea af na Galilea gekom het, het hy na Hom gegaan en gesmeek dat Hy moet afkom en sy seun gesond maak, want hy het op sterwe gelê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die amptenaar het gehoor dat Jesus van die provinsie Judea na Galilea gekom het. Hy het na Jesus toe gegaan. Hy het vir Jesus gevra om na Kapernaum te kom en sy seun gesond te maak, want sy seun was baie siek, hy was amper dood. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die nuus het by hom uitgekom dat Jesus terug is uit Judea. Hy is dadelik na Jesus toe en het Hom gevra om asseblief saam met hom huis toe te kom. Sy seun was besig om dood te gaan en hy wou hê Jesus moet hom gesond maak. |