John 4:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jesus het toe weer in Kana in Galilea gekom, waar Hy die water wyn gemaak het. En daar was 'n sekere edelman wie se seun siek was in Kapernaum.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het toe weer ’n keer in Kana, in Galilea, aangekom waar Hy vroeër die water in wyn verander het. In Kapernaum was daar ’n sekere koninklike amptenaar wie se seun ernstig siek was.
Afrikaans 1933/1953 Jesus het dan weer gekom te Kana in Galil,a, waar Hy die water wyn gemaak het. En daar was 'n sekere koninklike beampte wie se seun in Kap,rnam siek was.
Afrikaans 1983 Jesus het toe weer na Kana in Galilea toe gegaan, waar Hy die water wyn gemaak het. In Kapernaum was daar 'n sekere regeringsamptenaar wie se seun siek was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het toe weer vertrek na Kana in Galilea, waar Hy die water wyn gemaak het. In Kapernaum was daar 'n sekere koninklike amptenaar wie se seun siek was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het weer na Kana in Galilea gegaan. Dit is die stad waar Hy die water in wyn verander het. In die stad Kapernaum was daar 'n amptenaar van die koning. Sy seun was baie siek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus is toe Kana toe. Dit is dieselfde dorpie waar Hy die water in wyn laat verander het. Daar was ’n hoë staatsamptenaar wat in Kapernaum vir die koning gewerk het. Sy seun het intussen baie siek geword.