John 4:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Hy dan in Galiléa aankom, het die Galiléërs Hom ontvang, nadat hulle alles gesien het wat Hy op die fees in Jerusalem gedoen het; want hulle het ook na die fees toe gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Jesus in Galilea aankom, het die Galileërs Hom hartlik ontvang. Hulle het al die dinge gesien wat Hy gedurende die fees in Jerusalem gedoen het, want hulle was self ook by die fees.
Afrikaans 1933/1953 Toe Hy dan in Galil,a kom, het die Galil,ërs Hom ontvang, omdat hulle alles gesien het wat Hy in Jerusalem op die fees gedoen het; want hulle het ook na die fees gegaan.
Afrikaans 1983 maar toe Hy in Galilea kom, het die Galileërs Hom verwelkom. Hulle het alles gesien wat Hy gedurende die feesvierings in Jerusalem gedoen het, want hulle was self ook by die paasfees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Hy in Galilea aankom, het die Galileërs Hom ontvang, omdat hulle alles gesien het wat Hy gedurende die feesviering in Jerusalem gedoen het. Hulle het immers self ook die fees bygewoon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Jesus in Galilea kom, was die Galileërs baie vriendelik met Hom. Hulle was ook by die fees in Jerusalem en hulle het alles gesien wat Hy daar gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Hy egter in Galilea aankom, is Hy met oop arms ontvang. Dit was ook maar net omdat die mense daar al die dinge gesien het wat Jesus by die feestelikhede in Jerusalem gedoen het. Hulle self was ook Jerusalem toe vir die paasfees.