John 4:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe die Here dan weet hoe die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels gemaak en gedoop het as Johannes, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het uitgevind dat die Fariseërs gehoor het dat Hy meer dissipels werf en doop as Johannes. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes -- |
| Afrikaans 1983 | Die Fariseërs het gehoor dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes. — |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Jesus verneem dat die •Fariseërs gehoor het Hy werf en doop meer dissipels as Johannes – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het geweet dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels kry as Johannes en dat Hy meer dissipels doop as Johannes. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus het geweet dat die Fariseërs gehoor het dat Hy gewild begin raak het en dat Hy meer mense doop as Johannes. Daarom is Hy weer van Judea af terug Galilea toe. |