John 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waarheen hy gaan nie; so is elkeen wat uit die Gees gebore is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy suising, maar jy weet nie waarvandaan hy kom en waarheen hy op pad is nie. Só is dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is. |
| Afrikaans 1983 | Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die wind waai waar hy wil en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waarvandaan hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die wind waai waar hy wil. Jy kan die wind hoor, maar jy weet nie van waar dit kom en waarnatoe dit gaan nie. So is dit ook wanneer iemand uit die Gees gebore word.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoewel jy die wind hoor waai, kan jy dit tog nie beheer of stuur nie. Dit waai waar dit wil. Jy weet nie eens presies waar dit vandaan kom of waarheen dit uiteindelik waai nie. Maar nogtans waai dit. Presies dit is waar van die manier waarop die Gees werk. Elke persoon wat uit die Gees gebore word, ervaar dit ook so.” |