John 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God ingaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het geantwoord: “Ek verseker jou, as iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy so nimmer as te nooit in die koninkryk van God ingaan nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. |
| Afrikaans 1983 | Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus antwoord: “Amen, amen, Ek sê vir jou: As iemand nie uit water én Gees gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie binnegaan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir hom gesê: “Ek sê vir jou, en dit is seker: Iemand moet eers uit water en uit Gees gebore word, dan sal hy weet God is sy Koning. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Luister baie mooi wat Ek vir jou sê,” kom dit van Jesus. “Die pad na die ryk waar God Koning is, is toe vir elkeen wat nie gebore word uit lewende water en die Heilige Gees nie. |