John 3:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat van die aarde is, is aards en spreek van die aarde; hy wat uit die hemel kom, is bo almal. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hy wat van bo kom, troon bo almal uit. Hy wat uit die aarde ontspring het, is deel van die aarde en praat as deel van die aarde. Hy wat uit die hemel kom, troon bo almal uit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. |
| Afrikaans 1983 | “Hy wat van bo af kom, is bo almal; hy wat van die aarde is, hoort by die aarde en praat die taal van die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die Een wat van bo af kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus kom uit die hemel en daarom is Hy belangriker as al die mense. Iemand wat van die aarde kom, is van die aarde, en hy praat oor die dinge op die aarde. Iemand wat van die hemel kom, is belangriker as almal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jesus wat van bo af kom, staan kop en skouers bo almal uit. Iemand wat sommer as ’n mens hier op aarde gebore is, bly maar aards. Hy kan ook maar net oor aardse dinge praat. Sulke mense kan nie naastenby vergelyk word met die Een wat van bo uit die hemel kom nie. Hy is in ’n klas van sy eie. |