John 3:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat staan en na hom luister, is baie bly oor die stem van die bruidegom; dan is hierdie blydskap van my vervul.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is die bruidegom aan wie die bruid behoort; die vriend van die bruidegom gaan staan en luister of hy kom, en hy is sommer baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom loop ek nou oor van blydskap.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.
Afrikaans 1983 Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom is ek nou met blydskap vervul.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die een wat die bruid het, is die bruidegom, maar die vriend van die bruidegom wat daar staan en na hom luister, is baie bly oor die stem van die bruidegom. Daarom is hierdie blydskap van my volkome.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Onthou, die bruidegom is die een wat die bruid kry. Die bruidegom se vriend wat staan en wag, is baie bly wanneer hy hoor die bruidegom kom. Daarom is ek nou so bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Laat ek vir julle ’n voorbeeld gee: die bruid is net bedoel vir die bruidegom en oor húlle gaan die troue. Die vriend van die bruidegom, die strooijonker, help maar net. As hy die bruidegom self hoor praat, maak dit hom baie bly. So is dit tussen my en Jesus ook. Daarom ken my blydskap nou nie einde nie.