John 3:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het by Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, hy wat saam met u anderkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, hy doop, en almal kom na hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het na Johannes toe gekom en vir hom gesê: “Rabbi, die man wat aan die oorkant van die Jordaanrivier saam met u was, oor wie u getuig het, Hy doop ook en almal stroom na Hom toe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het na Johannes toe gekom en vir hom gesê: “Rabbi, Hy wat oorkant die Jordaan by u was, van wie u getuig het, weet u, Hy doop ook, en almal gaan na Hom toe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle kom toe na Johannes en sê vir hom: “Rabbi, Hy wat oorkant die Jordaan by u was, die Een van wie u getuig het – kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het na Johannes toe gegaan en hulle het vir hom gesê: “ Rabbi, daar was 'n Man by jou anderkant die Jordaan-rivier. Jy het vir die mense vertel van Hom. Daardie Man doop nou mense, en almal gaan na Hom toe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is toe na Johannes self toe. “Meneer,” sê hulle, “jy onthou mos nog daardie Persoon wat daar oorkant die Jordaan by jou was. Ons praat van daardie Een oor wie jy met soveel oortuiging gepraat het. Wel, weet jy wat. Hy het ook nou begin doop, en die ergste is, al die mense stroom na Hom toe.” |