John 3:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het daar 'n vraag ontstaan tussen sommige van Johannes se dissipels en die Jode oor reiniging.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar het toe ’n meningsverskil oor reinigingsgebruike ontstaan tussen Johannes se dissipels en ’n Joodse man.
Afrikaans 1933/1953 Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes 'n redenasie met die Jode ontstaan oor die reiniging.
Afrikaans 1983 Daar het toe tussen Johannes se volgelinge en 'n Jood 'n woordewisseling ontstaan oor die reiniging.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar het toe 'n woordestryd tussen sommige van Johannes se dissipels en 'n Jood oor die seremoniële reiniging ontstaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Paar van Johannes se dissipels het met 'n Jood begin stry oor hoe 'n mens rein kan word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgelinge van Johannes en ’n Jood het juis aan die stry geraak oor hoe ’n mens jou vir God skoon en rein kan maak.