John 3:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U 'n leraar is wat van God af kom, want niemand kan hierdie wonders doen wat U doen as God nie met hom is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het een nag na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, ons weet dat u as leraar van God af gekom het. Niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen as God nie met hom is nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U 'n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. |
| Afrikaans 1983 | Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, ons weet dat u 'n leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, ons weet dat u 'n leermeester is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens verrig wat u verrig as God nie met hom is nie. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het in die nag na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “ Rabbi, ons weet God het U gestuur om vir die mense te leer hoe om Hom te dien. Die wondertekens wat U doen, kan 'n mens net doen as God hom help.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy knoop toe met Jesus ’n gesprek aan: “Meneer, ons is oortuig daarvan dat God u gebruik om ander mense te leer. Weet u waarom sê ek so? As God iemand nie bystaan nie, sal hy eenvoudig nie die dinge kan doen wat u regkry nie.” |