John 3:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet, en getuig dat ons gesien het; en julle ontvang nie ons getuienis nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek verseker jou, ons praat waaroor ons kennis het, en ons getuig oor wat ons gesien het, en ten spyte daarvan aanvaar julle tog nie ons getuienis nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit verseker Ek jou: Ons praat oor wat ons weet, en ons getuig oor wat ons gesien het, en tog aanvaar julle nie ons getuienis nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Amen, amen, Ek sê vir jou: Ons praat oor wat ons weet, en ons getuig oor wat ons gesien het, en tog aanvaar julle ons getuienis nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sê vir jou, en dit is seker: Ek en die mense wat aan My behoort, praat van dinge waarvan ons weet. Ons vertel van dinge wat ons self gesien het, maar julle glo niks wat ons vertel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Luister baie mooi. Ons praat nie oor dinge wat vir ons vreemd of onbekend is of waarvan ons niks weet nie. Nee, wanneer ons nou met soveel sekerheid hieroor praat, is dit omdat ons dit self gesien het. Nogtans aanvaar julle nie wat Ek vir julle sê nie. |