John 21:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die ander dissipels het in 'n klein skippie gekom; (want hulle was nie ver van die land af nie, maar soos 't ware twee honderd el–) en sleep die net met visse. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ander dissipels het solank met die bootjie nadergekom, want hulle was nie ver van die land af nie, ongeveer 100 meter, en hulle het die net met visse land toe gesleep. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep; want hulle was nie ver van die land nie, maar omtrent twee honderd el. |
| Afrikaans 1983 | Hulle was nie ver van die land af nie, net omtrent honderd tree. Die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die ander dissipels het met die skuit gekom en die net met die visse gesleep, want hulle was nie ver van die land af nie, net ongeveer tweehonderd el. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die ander dissipels het met die boot gekom en hulle het die visnet gesleep wat vol visse was. Dit was nie ver na die land nie, omtrent 200 el. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gelukkig was hulle nie so ver van die wal af nie, omtrent 100 tree. |