John 21:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sê daardie dissipel vir wie Jesus liefgehad het vir Petrus: Dit is die Here. En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy visserskleed aan hom omgord, want hy was naak, en hom in die see gegooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Die lieflingdissipel sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!” Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy klere aangetrek, want hy was halfpad kaal, en hy het in die water gespring.
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê die dissipel -- die een vir wie Jesus liefgehad het -- aan Petrus: Dit is die Here! En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, gord hy sy bo-kleed om -- want hy was naak -- en werp homself in die see.
Afrikaans 1983 Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!” Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy hemp aangetrek — want sy bolyf was kaal — en in die water gespring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê die dissipel, die een vir wie Jesus liefgehad het, vir Petrus: “Dit is die Here!” Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy bokleed omgebind – want sy bolyf was kaal – en in die see gespring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dissipel vir wie Jesus lief was, sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!” Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy bo-kleed aangetrek, want hy het nie al sy klere aangehad nie. Hy het in die see gespring en na Jesus toe gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgeling van wie Jesus baie gehou het, sê toe vir Petrus: “Jong, dit is die Here daardie.” Toe Petrus dit hoor, pluk hy gou al sy klere aan. Omdat hulle op die skuit gewerk het, het hy net die nodigste aangehad. Toe spring hy in die meer. Die ander het in die skuit gebly en wal toe gevaar met die vrag vis.