John 21:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hulle: Gooi die net aan die regterkant van die skip, en julle sal vind. Hulle het dus gegooi, en nou kon hulle dit nie trek nie, vanweë die menigte van die visse.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sê toe vir hulle: “Gooi die net aan die regterkant van die boot uit en julle sal vis kry.” Hulle het die net toe uitgegooi, en kon dit nie weer intrek nie as gevolg van die groot hoeveelheid vis.
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê vir hulle: Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om dit te trek nie.
Afrikaans 1983 Hy sê toe vir hulle: “Gooi die net aan die regterkant van die skuit uit, dan sal julle iets kry.” Hulle het die net toe daar uitgegooi, en vanweë die groot klomp vis kon hulle hom nie weer intrek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe vir hulle: “Gooi die visnet uit aan die regterkant van die boot, en julle sal iets kry.” Hulle gooi dit toe uit, en vanweë die groot klomp vis was hulle nie in staat om dit in te trek nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vir hulle gesê: “Julle moet die visnet regs van die boot uitgooi, dan sal julle iets vang.” Hulle het die visnet uitgegooi in die water. Daar was toe so baie visse in die net dat hulle dit nie kon intrek nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Gooi die net daar regs van die skuit uit. Daar is vis,” kom dit van Jesus se kant af. Hulle maak toe so. Die net was toe so vol vis dat hulle dit nie in die skuit kon kry nie. Dit was te swaar vir hulle.