John 21:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar is ook baie ander dinge wat Jesus gedoen het, wat, as dit elkeen opgeskryf sou word, ek dink dat selfs die wêreld self nie die boeke kon bevat wat geskrywe moes word nie. Amen.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar bestaan nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. As hulle egter een vir een opgeskryf moes word, dink ek sou die wêreld nie plek hê vir al die boeke wat geskryf word nie.
Afrikaans 1933/1953 En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie. Amen.
Afrikaans 1983 Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. Maar as dit een vir een beskrywe moet word, dink ek, sou die hele wêreld nie genoeg plek vir die boeke hê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. As dit een vir een neergeskryf sou word, sou die wêreld self, dink ek, die •boekrolle wat geskryf sou word, nie kon bevat nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het ook baie ander dinge gedoen, maar 'n mens lees nie daarvan in hierdie boek nie. As 'n mens oor dit alles ook wil skryf, dan dink ek daar sal nie genoeg plek in die wêreld wees vir al die boeke nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus het ook nog baie ander dinge gedoen. As dit alles neergeskryf sou moes word, twyfel ek of daar genoeg plek in hierdie wêreld sou wees om al daardie boeke te bêre.