John 21:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die dissipel wat van hierdie dinge getuig en dit geskryf het; en ons weet dat sy getuienis waar is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie dissipel is die een wat oor al hierdie dinge getuig en dit neergeskryf het, en ons is oortuig dat sy getuienis betroubaar is.
Afrikaans 1933/1953 Dit is daardie dissipel wat van hierdie dinge getuig en hierdie dinge geskryf het, en ons weet dat sy getuienis waar is.
Afrikaans 1983 Dit is die dissipel wat oor al hierdie dinge getuienis aflê en dit beskrywe het, en ons weet dat sy getuienis waar is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is daardie dissipel wat van hierdie dinge getuig en hierdie dinge geskryf het, en ons weet dat sy getuienis geloofwaardig is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dissipel vir wie Jesus lief was, is die dissipel wat alles vertel het wat in hierdie boek geskryf is, hy het dit alles geskryf. Ons weet dit is waar wat hy vertel het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie volgeling is juis die een wat alles so deeglik neergeskryf het en met soveel oortuiging daaroor praat. Ons almal weet dat wat hy vir ons vertel die waarheid is.