John 21:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hierdie woord onder die broeders gegaan, dat daardie dissipel nie sou sterwe nie; maar Jesus het nie vir hom gesê: Hy sal nie sterwe nie; maar: As Ek wil dat hy vertoef totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie gerug het toe onder die gelowiges rondgegaan dat daardie dissipel nie sal sterf nie. Jesus het egter nie vir Petrus gesê dat daardie dissipel nie sal sterf nie, maar eintlik net: “As Ek wou hê dat hy moet bly leef totdat Ek terugkeer, wat gaan dit jou aan?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hierdie woord het toe onder die broeders uitgegaan dat daardie dissipel nie sou sterwe nie; en Jesus het nie vir hom gesê dat hy nie sou sterwe nie, maar: As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan? |
| Afrikaans 1983 | Die gerug het toe onder die broers versprei dat daardie dissipel nie sal sterwe nie. Jesus het egter nie vir Petrus gesê dat daardie dissipel nie sal sterwe nie, maar: “As Ek wil hê dat hy in die lewe moet bly totdat Ek weer kom, is dit nie jou saak nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die gerug het toe onder die broers versprei dat daardie dissipel nie sou sterf nie. Jesus het egter nie vir hom gesê dat hy nie sou sterf nie, maar: “As Ek wil hê hy moet bly totdat Ek kom, wat het dit met jou te doen?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dissipels het toe gedink die dissipel vir wie Jesus lief was, sal nooit doodgaan nie. Maar hulle was verkeerd. Jesus het nie gesê daardie dissipel sal nie doodgaan nie. Jesus het vir Petrus gesê: “As Ek wil hê hy moet lewe totdat Ek kom, dan is dit nie jou probleem nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is waar die storie begin het dat hierdie volgeling van Jesus nie sou doodgaan nie. Dit was egter nie wat Jesus bedoel het nie. Jesus het gesê as Hy dit sou wou hê, sou die man kon bly lewe tot Hy terugkom. En dit het niks met Petrus te doen nie. |