John 21:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Petrus omdraai, sien hy die dissipel wat Jesus liefgehad het, volg; wat ook by die maaltyd op sy bors geleun en gesê het: Here, wie is dit wat U verraai?
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Petrus omdraai, sien hy dat die lieflingdissipel Jesus volg. Dit is hy wat by die paasete tot baie na aan Jesus se bors oorgeleun en gevra het: “Here, wie is die een wat U gaan uitlewer?”
Afrikaans 1933/1953 En Petrus het hom omgedraai en die dissipel sien volg vir wie Jesus liefgehad het, die een wat by die maaltyd op sy bors geval en gesê het: Here, wie is u verraaier?
Afrikaans 1983 Toe Petrus omdraai, sien hy die dissipel volg vir wie Jesus baie lief was, wat ook by die maaltyd na Jesus se kant toe oorgeleun en gevra het: “Here, wie is u verraaier?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe •Petrus omdraai, sien hy dat die dissipel vir wie Jesus liefgehad het, hulle volg, die een wat ook tydens die maaltyd teen sy bors aangeleun en gevra het: “Here, wie is dit wat U gaan verraai?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Petrus het omgedraai. Hy sien toe die dissipel vir wie Jesus lief was, kom ook saam. Dit was dieselfde dissipel wat langs Jesus gesit het toe hulle geëet het en wat vir Jesus gevra het: “Here, sê vir ons wie is dit wat vir U sal verraai.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Petrus omkyk, sien hy die volgeling van wie Jesus baie gehou het, kom ook agter hulle aangestap. (Dit was die dissipel wat aan tafel vir Jesus gevra het wie Hom sou verraai.)