John 21:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sê weer vir hom vir die tweede keer: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Hy sê vir hom: Ja, Here! jy weet dat ek jou liefhet. Hy sê vir hom: Laat my skape wei.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus vra hom toe ’n tweede keer: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?” “Ja, Here, U weet dat ek U liefhet,” antwoord Petrus. Jesus sê vir hom: “Wees ’n herder vir my skape.”
Afrikaans 1933/1953 Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op.
Afrikaans 1983 Jesus vra hom weer 'n tweede keer: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Pas my skape op.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy vra hom weer 'n tweede keer: “Simon, seun van Johannes, het jy My baie lief?” Hy sê vir Hom: “Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.” Hy sê vir hom: “Pas my skape op.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het die tweede maal vir Petrus gevra: “Simon, seun van Johannes, is jy lief vir My?” Petrus sê vir Hom: “Ja, Here, U weet ek is lief vir U!” Jesus sê toe vir hom: “Dan moet jy 'n herder wees vir my mense.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Tweede keer vra Jesus: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?” “Ja, Here. U weet mos hoe lief ek U het,” sê Petrus weer. “Pas dan asseblief my skape soos ’n herder op,” vra Jesus.