John 21:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe hulle dan geëet het, sê Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My meer lief as hulle? Hy sê vir hom: Ja, Here! jy weet dat ek jou liefhet. Hy sê vir hom: Wei my lammers. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle klaar ontbyt geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief, meer as hierdies?” Petrus sê vir Jesus: “Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.” Jesus sê vir hom: “Gaan versorg my lammers.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe hulle dan klaar was met die môre -ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle klaar was met ontbyt, vra Jesus vir Simon •Petrus: “Simon, seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle?” Hy sê vir Hom: “Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.” Hy sê vir hom: “Laat my lammers wei.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die dissipels klaar oggend-ete geëet het, sê Jesus vir Simon Petrus: “Simon, seun van Johannes, is jy lief vir My, meer as die ander dissipels?” Petrus het gesê: “Ja, Here, U weet ek is lief vir U!” Jesus sê toe vir hom: “Dan moet jy my skape laat wei, jy moet sorg vir my mense.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na ete vra Jesus vir Petrus: “Simon, seun van Johannes, het jy My liewer as wat hierdie ander My het?” “Ja, Here,” kom dit van Petrus. “U weet hoe toegewy en lojaal ek teenoor U is.” “Kyk dan asseblief na my lammers,” vra Jesus toe. |