John 21:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jesus sê vir hulle: Kom eet. En nie een van die dissipels het dit gewaag om Hom te vra: Wie is U? met die wete dat dit die Here is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het hulle uitgenooi: “Kom kry ontbyt.” Nie een van sy dissipels het dit gewaag om Hom te vra: “Wie is U?” nie. Hulle het net geweet dat dit die Here is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jesus sê vir hulle: Kom eet! En niemand van die dissipels het gewaag om Hom te vra: Wie is U nie? omdat hulle wis dat dit die Here was. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Jesus vir hulle: “Kom eet.” Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra: “Wie is U?” nie. Hulle het geweet dat dit die Here is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus sê vir hulle: “Kom eet ontbyt!” Niemand van die dissipels het egter gewaag om Hom te vra, “Wie is U?” nie, want hulle het geweet dit is die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir hulle gesê: “Kom eet julle oggend-ete!” Die dissipels wou nie reguit vir Hom vra wie Hy is nie, hulle het geweet dit is die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Kom, eet ’n stukkie ontbyt,” nooi Jesus hulle uit. Nie een van hulle het die moed gehad om te vra: “Wie is U?” nie. Dit was ook nie nodig om te vra nie. Hulle het geweet dit is die Here. |