John 20:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die linneklere lê,
Afrikaans (NLV) 2011 Simon Petrus het ná hom ook daar aangekom en by die graf ingegaan. Hy sien toe ook die linnedoeke daar lê,
Afrikaans 1933/1953 Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lê;
Afrikaans 1983 Ná hom het Simon Petrus ook daar aangekom, en hy het in die graf ingegaan. Hy sien toe die doeke daar lê,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar toe Simon Petrus wat hom gevolg het, daar aankom, het hy die graf binnegegaan en die linnedoeke daar sien lê,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ná die dissipel vir wie Jesus lief was, het Simon Petrus ook daar gekom. Petrus het ingegaan in die graf en hy het gesien die grafdoeke lê daar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Petrus daar aankom, bars hy sommer by die graf in. Hy het ook net die linne daar sien lê.