John 20:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maria Magdalena het gekom en vir die dissipels vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy hierdie dinge met haar gesê het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maria Magdalena het die boodskap aan Jesus se dissipels gaan oordra: “Ek het die Here gesien!” Sy het ook vertel wat Hy vir haar gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maria Magdal,na het aan die dissipels gaan vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy dit vir haar gesê het. |
| Afrikaans 1983 | Maria Magdalena het toe vir die dissipels gaan sê: “Ek het die Here gesien!” En sy het ook vertel wat Hy vir haar gesê het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maria Magdalena gaan vertel toe aan die dissipels: “Ek het die Here gesien,” en dat Hy hierdie dinge vir haar gesê het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maria Magdalena het vir die dissipels gaan sê: “Ek het die Here gesien!” Sy het vir hulle vertel wat Jesus vir haar gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maria Magdalena is toe daar weg na die ander volgelinge van Jesus toe. “Ek het die Here nou net lewendig gesien!” roep sy uit. Opgewonde vertel sy alles wat Jesus gesê het. |