John 20:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy sê vir hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het en ek nie weet waar hulle Hom neergelê het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle vra haar: “Vrou, waarom huil jy?” Sy antwoord hulle: “Hulle het my Here weggeneem en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle vra toe vir haar: “Mevrou, waarom huil jy?” Sy antwoord hulle: “Omdat hulle my Here weggevat het en ek nie weet waar hulle Hom nou begrawe het nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sê toe vir haar: “Vrou, waarom huil jy?” Sy antwoord hulle: “Hulle het my Here weggevat, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die twee engele het vir haar gevra: “Mevrou, hoekom huil jy?” Sy het gesê: “Hulle het my Here se liggaam weggeneem, en ek weet nie waar hulle Hom gesit het nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Vir wat huil jy so?” vra hulle haar. “Hulle het my Here se liggaam hier weggevat. En ek weet nou glad nie waarheen hulle Hom gevat het nie,” sê Maria hartseer. |