John 20:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die eerste dag van die week kom Maria Magdalena vroeg, toe dit nog donker was, by die graf en sien hoe die steen van die graf weggeneem is.
Afrikaans (NLV) 2011 Vroeg die Sondagoggend toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf aan en merk op dat die klip voor die graf weggerol is.
Afrikaans 1933/1953 En op die eerste dag van die week kom Maria Magdal,na vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was.
Afrikaans 1983 Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En vroegoggend, op die eerste dag van die week, terwyl dit nog donker was, kom Maria Magdalena tot by die graf en sien dat die klip van die graf verwyder is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vroeg die Sondag-oggend het Maria Magdalena na Jesus se graf gegaan. Dit was nog donker. Sy het gesien die klip voor die graf is weg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie Sondagmôre was die son nog nie eens op nie, toe was Maria Magdalena al by die graf. Sy het dadelik gesien dat iemand die groot klip voor die ingang van die graf weggerol het.