John 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy sê vir hulle: Trek nou uit en dra dit vir die goewerneur van die fees. En hulle het dit gedra.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê Jesus ook nog vir hulle: “Skep nou daarvan uit en vat dit vir die seremoniemeester.” Hulle het dit gedoen.
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê aan hulle: Skep nou uit en bring dit vir die hoofdienaar. En hulle het dit gebring.
Afrikaans 1983 Toe sê Hy vir hulle: “Skep nou daarvan uit en gaan gee dit vir die seremoniemeester.” Hulle het dit gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê Hy vir hulle: “Skep nou daarvan uit en neem dit vir die hoofkelner.” Hulle het dit toe geneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Jesus vir hulle: “Skep nou van die water en gee dit vir die hoofkelner!” Hulle het die water vir die hoofkelner gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Skep nou ’n beker daarvan en vat dit vir die seremoniemeester.” Die helpers maak toe soos Jesus gevra het. Daardie water het wyn geword en die helpers het dit besef. Die seremoniemeester het egter niks daarvan geweet nie.