John 2:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nadat Hy 'n plaag van toue gemaak het, het hy hulle almal uit die tempel uitgedryf, en die skape en die beeste; en die geld van die wisselaars uitgegooi en die tafels omgegooi;
Afrikaans (NLV) 2011 Met toutjies het Jesus toe ’n sweep gevleg en almal uit die tempelgebied verjaag, ook die skape en beeste. Hy het die geldstukke van die geldwisselaars op die grond uitgegooi en hulle tafels omgekeer.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het 'n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer.
Afrikaans 1983 Toe het Hy met toutjies 'n sweep gemaak en almal uit die tempel uitgejaag, ook die skape en die beeste. Die geld van die geldwisselaars het Hy op die grond gegooi en hulle tafels omgekeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het Hy 'n sweep van toue gemaak en almal van die tempelterrein weggejaag, ook die skape en die beeste, en die munte van die geldwisselaars het Hy uitgegooi en die tafels omgekeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het Jesus tou geneem en Hy het 'n sweep gemaak. Hy het almal uit die tempel gejaag, ook die skape en die beeste. Hy het die mense wat geld omruil, se geld op die grond gegooi. Hy het hulle tafels ook omgegooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus maak toe ’n sweep uit toue en jaag die hele spul uit die tempelplein uit, skape en beeste inkluis. Ook die mense wat met die geld gewerk het, het deurgeloop. Jesus het hulle tafels omgegooi en hulle geld die wêreld vol gestrooi.