John 19:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die Jode antwoord hom: Ons het 'n wet, en volgens ons wet behoort hy sterwe, omdat hy homself die Seun van God gemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Jode het hom geantwoord: “Ons beskik oor ’n wet en daarvolgens moet hy sterf omdat hy homself as die Seun van God voorgehou het.”
Afrikaans 1933/1953 Die Jode antwoord hom: Ons het 'n wet en volgens ons wet moet Hy sterf, omdat Hy Homself die Seun van God gemaak het.
Afrikaans 1983 Die Jode sê toe vir hom: “Ons het 'n wet, en volgens dié wet moet hy dood, omdat hy hom as die Seun van God voorgedoen het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Jode antwoord hom toe: “Ons het 'n wet, en volgens dié wet moet hy sterf, omdat hy homself •Seun van God gemaak het. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Jode het vir Pilatus gesê: “Ons het wette en ons wette sê ons moet vir Jesus doodmaak, want hy het gesê hy is die Seun van God.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Jode reageer toe: “Volgens ons wet verdien hy nie om een oomblik langer te leef nie. Hy moet dood, want hy het mos kom maak of hy die Seun van God is.”