John 19:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe die owerpriesters en die dienaars Hom dan sien, het hulle uitgeroep en gesê: Kruisig Hom, kruisig Hom. Pilatus sê vir hulle: Neem Hom en kruisig Hom, want ek vind geen skuld in Hom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die priesterhoofde en die wagte Hom sien, het hulle nog harder geskree: “Kruisig hom! Kruisig hom!” “Neem júlle hom en kruisig hom, want ek vind geen skuld in hom nie,” sê Pilatus daarop aan hulle. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die owerpriesters en die dienaars Hom sien, skreeu hulle en sê: Kruisig, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en kruisig Hom, want ek vind geen skuld in Hom nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe die priesterhoofde en die wagte Hom sien, skreeu hulle: “Kruisig hom! Kruisig hom!” “Vat júlle hom en kruisig hom,” sê Pilatus daarop vir hulle, “want ék vind geen skuld in hom nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die leierpriesters en die tempelwagte Hom sien, het hulle geskreeu: “Kruisig, kruisig!” Pilatus het vir hulle gesê: “Vat julle hom en kruisig hom, want ek vind geen skuld in hom nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die priesterleiers en hulle wagte vir Jesus sien, skree hulle vir Pilatus: “Jy moet hom kruisig! Jy moet hom kruisig!” Pilatus het vir hulle gesê: “Nee, vat júlle hom en gaan kruisig hom. Ek dink hy het niks verkeerd gedoen nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Kruisig hom!” gil die leiers van die priesters en die polisie toe hulle Hom sien. “Nou toe, vat julle hom en kruisig hom. Ek gaan dit nie doen nie, want ek dink nie hy is skuldig nie,” was Pilatus se reaksie. |