John 19:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Jesus uitgekom, met die doringkroon en die purper kleed gedra. En Pilatus sê vir hulle: Daar is die man! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarop het Jesus buitentoe gekom, met die kroon van dorings op sy kop en die pers mantel aan. Pilatus sê vir hulle: “Dáár is die mens!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jesus het uitgekom buitentoe en die doringkroon en die purperkleed gedra. En Pilatus sê vir hulle: Dr is die mens! |
| Afrikaans 1983 | Toe het Jesus buitentoe gekom, nog so met die doringkroon op en die pers mantel aan. Pilatus sê toe vir hulle: “Dit is die mens!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het uitgekom na buite, met die doringkroon op sy kop en met die purperrooi mantel om. Pilatus sê toe vir hulle: “Kyk, die mens!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het Jesus buitetoe gekom. Die doringkroon was nog op sy kop en Hy het nog die pers klere aangehad. Pilatus het vir die Jode gesê: “Kyk hoe lyk die man nou!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Juis toe kom Jesus uitgestap. Hy het nog die kroon van dorings opgehad en die pers mantel gedra. Pilatus kondig toe aan: “Kyk, hier is die man.” |