John 19:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar het hulle Jesus dan neergelê vanweë die voorbereidingsdag van die Jode; want die graf was naby.
Afrikaans (NLV) 2011 Met die oog op die Joodse dag van voorbereiding, en omdat die graf naby was, het hulle Jesus daar neergelê.
Afrikaans 1933/1953 Daar het hulle Jesus toe neergelê weens die voorbereiding van die Jode, omdat die graf naby was.
Afrikaans 1983 Daar het hulle Jesus begrawe, omdat die sabbatdag vir die Jode al amper aangebreek het en die graf daar naby was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar het hulle Jesus toe neergelê, omdat dit die Voorbereidingsdag van die Jode was, en aangesien die graf daar naby was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef van Arimatea en Nikodemus het Jesus se liggaam in daardie graf gaan sit, want die graf was daar naby en dit was die dag voor die Sabbatdag, die dag wanneer die Jode alles moes gereedmaak vir die Sabbatdag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was gerieflik en naby, want die tyd was min. Hulle moes ook nog alles vir die Jode se fees gaan regkry voor die son gesak en die sabbat begin het.