John 19:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die plek waar Hy gekruisig is, was daar 'n tuin; en in die tuin 'n nuwe graf waarin nog nooit 'n mens gelê is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Op die plek waar Jesus gekruisig is, was ’n tuin en in die tuin ’n nuwe graf waarin nog niemand begrawe was nie.
Afrikaans 1933/1953 En daar was op die plek waar Hy gekruisig is, 'n tuin, en in die tuin 'n nuwe graf waar nog nooit iemand in neergelê was nie.
Afrikaans 1983 By die plek waar Jesus gekruisig is, was daar 'n tuin en in die tuin 'n nuwe graf waarin daar nog niemand begrawe was nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) By die plek waar Hy gekruisig is, was daar 'n tuin, en in die tuin 'n nuwe graf waarin niemand nog ooit neergelê is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op die plek waar die soldate vir Jesus gekruisig het, was daar 'n tuin. In die tuin was daar 'n nuwe graf. Die mense het nog nooit iemand in daardie graf begrawe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus se kruis het in ’n tuin gestaan. In die tuin was daar ook ’n graf wat pas klaar uit die rots gekap was. Dit het soos ’n kamer gelyk. Hulle het Jesus net daar begrawe. Hy was die eerste een wat in dié grafkamer begrawe is.