John 19:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hulle die liggaam van Jesus geneem en dit in linneklere toegedraai met die speserye, soos die Jode se manier is om te begrawe.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het toe Jesus se liggaam geneem en dit in linnedoeke saam met die speserye toegevou soos dit die gebruik van die Jode was om iemand vir ’n begrafnis voor te berei.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe.
Afrikaans 1983 Hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit met die geurolie behandel en in doeke toegedraai, soos dit die gebruik van die Jode was om iemand vir die begrafnis uit te lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het toe Jesus se liggaam geneem en dit saam met geurige speserye in linnedoeke toegedraai, soos dit die Jode se gebruik is by 'n begrafnis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef van Arimatea en Nikodemus het Jesus se liggaam geneem en hulle het dit met lappe toegedraai saam met die mirre en aalwyn. Die Jode het dit altyd gedoen voordat hulle iemand begrawe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het Jesus se liggaam mooi in linne toegedraai. Die linne was deurweek van die mirre en aalwyn. Dit is wat die Jode destyds gedoen het as hulle iemand begrawe het.