John 19:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Pilatus het dan weer uitgegaan en vir hulle gesê: Kyk, ek bring hom na julle uit, sodat julle kan weet dat ek geen skuld by hom vind nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Pilatus het weer ’n keer buitentoe gegaan en vir die Jode gesê: “Kyk, ek bring hom vir julle buitentoe sodat julle kan besef dat ek hom onskuldig bevind.”
Afrikaans 1933/1953 Pilatus gaan toe weer buitentoe en sê vir hulle: Kyk, ek bring Hom vir julle uit buitentoe, sodat julle kan weet dat ek in Hom geen skuld vind nie.
Afrikaans 1983 Pilatus het toe weer buitentoe gekom en vir die Jode gesê: “Kyk, ek bring hom vir julle buitentoe, sodat julle kan weet dat ek geen skuld in hom vind nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Pilatus het weer uitgekom na buite en vir hulle gesê: “Kyk, ek bring hom vir julle na buite, sodat julle kan weet dat ek geen skuld in hom vind nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Pilatus het weer buitetoe gegaan. Hy het vir die Jode gesê: “Kyk, ek sal nou vir Jesus buitetoe laat kom na julle toe, sodat julle kan weet ek dink Jesus het niks verkeerd gedoen nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Intussen het Pilatus weer buite met die Jode gaan gesels. “Ek gaan Jesus buitetoe bring, hier na julle toe. Ek wil hê julle moet besef dat Jesus myns insiens onskuldig is.”