John 19:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe hulle by Jesus kom en sien dat Hy reeds dood was, het hulle sy bene nie gebreek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle by Jesus kom en sien dat Hy alreeds gesterf het, het hulle nie sy bene gebreek nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar toe hulle by Jesus kom en sien dat Hy al dood was, het hulle sy bene nie gebreek nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle egter by Jesus kom en sien dat Hy al klaar dood is, het hulle nie sy bene gebreek nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar toe hulle by Jesus kom en sien dat Hy reeds dood was, het hulle nie sy bene gebreek nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die soldate by Jesus kom, sien hulle Jesus is klaar dood. Daarom het hulle nie sy bene gebreek nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle by Jesus kom, sien hulle dat Hy klaar dood was. Dit was toe nie nodig om sy bene te breek nie. |