John 19:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die Jode het dan, omdat dit die voorbereiding was, dat die liggame nie op die sabbatdag aan die kruis sou bly nie, (want daardie sabbatdag was 'n hoë dag), Pilatus gesmeek dat hulle bene gebreek moes word en hulle geneem moes word weg.
Afrikaans (NLV) 2011 Aangesien dit die voorbereiding vir die Sabbat was, wou die Jode nie hê dat die liggame op die Sabbat aan die kruis moes bly hang nie, want daardie spesifieke Sabbat was ’n belangrike een. Hulle het Pilatus toe gaan vra dat die kruiselinge se bene gebreek en die liggame verwyder moes word.
Afrikaans 1933/1953 En dat die liggame nie op die sabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was -- want die dag van daardie sabbat was groot -- het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem moes word.
Afrikaans 1983 Dit was Vrydag, en die Jode wou nie hê dat die liggame op die sabbatdag aan die kruis moes bly nie, want daardie sabbatdag was 'n groot dag. Daarom het hulle vir Pilatus gevra dat die mense wat gekruisig is, se bene gebreek en die liggame weggevat moes word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aangesien dit die Voorbereidingsdag was, en sodat die liggame nie aan die kruis sou bly op die Sabbat nie – want daardie Sabbat was 'n belangrike dag – het die Jode vir •Pilatus gevra dat die bene gebreek en die liggame verwyder moet word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die dag toe die Jode alles gereedgemaak het vir die Sabbatdag, 'n baie belangrike Sabbatdag. Die Jode wou nie hê Jesus en die ander twee mans se liggame moet op die Sabbatdag aan die kruise hang nie. Daarom het die Jode vir Pilatus gevra dat sy soldate eers hulle bene moet breek voordat die soldate die liggame van die kruise afhaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit het op die Vrydag gebeur. Mense was besig om alles reg te kry vir die paasfees. Dit was vir hulle ’n baie belangrike dag, want daardie jaar het die fees en die sabbat saamgeval. Die Jode se godsdienstige reëls het dit verbied dat Jode op die sabbat nog aan ’n kruis mag hang. Hulle is toe na Pilatus toe en het hom gevra om die mense wat aan die kruis gehang het se bene te breek. Die skok sou help dat hulle gouer doodgaan. Dan kon hulle hulle van die kruis afhaal voor die sabbat begin. Pilatus het gesê hulle kon dit laat doen.