John 19:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Jesus dan die asyn ontvang het, sê Hy: Dit is volbring;
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Jesus die suur wyn proe, het Hy gesê: “Dit is nou afgehandel!” Toe het Hy sy kop vooroor laat val en sy asem uitgeblaas.
Afrikaans 1933/1953 En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.
Afrikaans 1983 Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Jesus die suur wyn geneem het, sê Hy: “Dit is volbring!” En Hy het sy kop vooroor gebuig en sy gees oorgegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het die wyn gedrink en gesê: “Nou het Ek my werk klaar gedoen!” Hy het sy kop vorentoe gebuig en Hy het gesterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus het sy lippe en mond daarmee natgemaak. Hy sê toe: “Nou het Ek alles gedoen wat Ek moes doen.” Sy kop het vooroor geval en Hy het sy laaste asem uitgeblaas.