John 19:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hierna, omdat Jesus geweet het dat alles nou volbring was, sodat die Skrif vervul sou word, sê Jesus: Ek het dors. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierna het Jesus, terwyl Hy weet dat alles reeds afgehandel is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was -- sodat die Skrif vervul sou word -- het Jesus gesê: Ek het dors! |
| Afrikaans 1983 | Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierna het Jesus, omdat Hy geweet het dat alles reeds volbring is, en sodat die Skrif vervul sou word, gesê: “Ek is dors.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het geweet al sy werk op aarde was nou klaar. Daarom het Hy gesê: “ Ek is dors.” Hy het dit gesê sodat dit waar kan word wat in die Ou Testament geskryf is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus was nou tevrede dat Hy alles gedoen het wat Hy moes doen. Hy sê toe: “Ek is dors.” (Die Skrif het mos gesê dat Hy so sou sê.) |