John 19:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het toe onder mekaar gesê: Laat ons dit nie skeur nie, maar die lot werp oor wie dit moet wees, sodat die Skrif vervul sou word wat sê: Hulle het my klere onder mekaar verdeel, en oor my gewaad het hulle die lot gewerp. Hierdie dinge het die soldate dan gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het toe vir mekaar gesê: “Moenie dit skeur nie, laat ons liewer daaroor loot en só bepaal wie s’n dit sal wees.” Dit is gedoen sodat die Skrif vervul kan word: “Hulle het my bo-klere onder mekaar verdeel en oor my onderkleed het hulle die lot gewerp.” Tot sover dan wat die soldate gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het vir mekaar gesê: Laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot daaroor werp, wie s'n dit sal wees -- sodat die Skrif vervul sou word wat sê: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad het hulle die lot gewerp. Dit het die soldate dan gedoen. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sê toe vir mekaar: “Ons moet dit nie skeur nie. Kom ons loot wie dit moet kry.” Dit het gebeur sodat die Skrif vervul kan word waar dit sê: “Hulle het my klere onder mekaar verdeel, en vir my kleed het hulle geloot.” Dit is wat die soldate gedoen het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sê toe vir mekaar, “Laat ons dit nie skeur nie, maar loot wie dit moet kry,” sodat die Skrif vervul sou word wat sê: “Hulle het my boklere onder mekaar gedeel en oor my klere het hulle die lot gewerp.” Dit is wat die soldate toe gedoen het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die soldate het vir mekaar gesê: “Ons moenie die onderkleed stukkend skeur nie. Dit sal beter wees as ons lootjies trek om te sien wie dit moet kry.” Dit het gebeur sodat dit waar kan word wat in die Ou Testament geskryf is. Daar is geskryf: Hulle het my klere tussen hulle gedeel. Hulle het lootjies getrek oor my klere. Dit is wat die soldate gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die soldate bespreek toe die saak: “Dit sal darem ’n groot skade wees om hierdie kledingstuk in stukke te skeur. Kan ons nie liewer lootjies trek nie?” So gesê, so gedaan! Sonder dat hulle dit besef het, het hulle maar net gedoen wat die Skrif lankal gesê het hulle sou doen: “Hulle het my klere onder mekaar uitgedeel. Vir my kledingstuk het hulle lootjies getrek.” Dit is presies wat hulle gedoen het. |