John 19:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hierdie titel het toe baie van die Jode gelees, want die plek waar Jesus gekruisig is, was naby die stad, en dit was geskryf in Hebreeus en Grieks en Latyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Baie van die Jode het hierdie kennisgewing gelees omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad geleë was. Die kennisgewing was in Aramees, Latyn en Grieks. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hierdie opskrif dan het baie van die Jode gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad was; en dit was geskrywe in Hebreeus en Grieks en Latyn. |
| Afrikaans 1983 | Baie van die Jode het hierdie opskrif gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad was. Die opskrif was in Hebreeus, Latyn en Grieks. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Baie van die Jode het hierdie kennisgewing gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad geleë was. Dit was geskryf in Hebreeus, Latyn en Grieks. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Baie Jode het gelees wat daar geskryf was, want die plek waar die soldate vir Jesus gekruisig het, was naby die stad. Die woorde op die plank was in Hebreeus, Latyn en Grieks. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Baie Jode het daar verbygestap en gelees wat Pilatus se nota gesê het. |