John 19:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit was die voorbereiding van die pasga en omtrent die sesde uur, en hy sê vir die Jode: Hier is julle Koning!
Afrikaans (NLV) 2011 Dit het saamgeval met die voorbereiding van die Paasfees, ongeveer twaalfuur die middag. Hy sê toe vir die Jode: “Dáár is julle Koning!”
Afrikaans 1933/1953 En dit was die voorbereiding vir die pasga en omtrent die sesde uur. Toe sê hy vir die Jode: Dr is julle Koning!
Afrikaans 1983 Dit was die voorbereiding vir die paasfees, en dit was omtrent twaalfuur die middag. Hy sê toe vir die Jode: “Hier is julle koning!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was die Voorbereidingsdag vir die Pasga, ongeveer die sesde uur. Toe sê Pilatus vir die Jode: “Kyk, daar is julle koning!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die dag voor die Paasfees, die dag waarop die Jode alles gereedgemaak het vir die Paasfees. Dit was omtrent twaalfuur die middag. Pilatus het vir die Jode gesê: “Kyk, hier is julle koning!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Pilatus het Jesus ook laat kom. Dit was omtrent twaalfuur op die dag waarop die Jode alles reggemaak het vir die paasfees. Pilatus kondig toe plegtig aan: “Kyk, hier staan julle koning.”