John 18:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jesus antwoord: Ek het vir julle gesê dat dit Ek is; as julle My daarom soek, laat hulle weggaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus se reaksie was: “Ek het dan vir julle gesê dat dit Ek is. As julle Mý dan soek, laat hierdie mense wat saam met My is, weggaan.”
Afrikaans 1933/1953 Jesus antwoord: Ek het vir julle gesê dat dit Ek is. As julle My dan soek, laat hierdie manne weggaan --
Afrikaans 1983 Toe sê Jesus: “Ek het vir julle gesê dit is Ek. As julle My soek, laat die mense hier by My dan toe om weg te gaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het geantwoord: “Ek het vir julle gesê, Ek Is Hy. As julle dan na My soek, laat hierdie mense gaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vir hulle gesê: “Ek het vir julle gesê dit is Ek. Dit is vir Mý wat julle wil vang, daarom kan julle my dissipels laat gaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar Ek het dan vir julle gesê dis Ek. As julle My wil hê, los hierdie ander dan uit.”