John 18:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe Hy dan vir hulle gesê het: Dit is ek, het hulle agteruit gegaan en op die grond geval. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En toe Jesus vir hulle sê: “Dit is Ek!” het hulle almal padgegee en op die grond neergeval. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Hy dan vir hulle sê: Dit is Ek, het hulle agteruitgegaan en op die grond geval. |
| Afrikaans 1983 | Toe Jesus dan vir hulle sê: “Dit is Ek!” het hulle teruggedeins en op die grond neergeval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Hy vir hulle sê, “Ek Is Hy,” het die soldate teruggedeins en op die grond neergeval. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Jesus vir hulle sê Hy is Jesus vir wie hulle soek, het hulle geskrik en op die grond geval. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wel, dit is Ek,” antwoord Hy. (Judas het ook so ewe tussen die klomp soldate gestaan.) Toe die soldate hoor wat Jesus sê, het hulle verskrik teruggedeins en oor mekaar geval. |