John 18:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jesus het dan, omdat Hy alles geweet het wat oor hom sou kom, uitgegaan en vir hulle gesê: Wie soek julle?
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus was egter deeglik bewus van alles wat oor Hom sou kom en het op sy eie uit die groep na vore beweeg en vir hulle gesê: “Wie soek julle eintlik?”
Afrikaans 1933/1953 En omdat Jesus alles geweet het wat oor Hom sou kom, het Hy uit die tuin gegaan en vir hulle gesê: Wie soek julle?
Afrikaans 1983 Omdat Jesus geweet het van alles wat oor Hom gaan kom, het Hy vorentoe gekom en vir hulle gevra: “Vir wie soek julle?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het geweet van al die dinge wat met Hom sou gebeur, en het uitgegaan en vir hulle gevra: “Wie soek julle?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het voor daardie tyd geweet wat alles met Hom sal gebeur. Daarom het Hy na Judas en die soldate toe geloop en Hy het vir hulle gevra: “Vir wie soek julle?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus was nie verbaas nie. Hy het geweet wat op Hom wag. Toe die klomp soldate by die tuin aankom, stap Jesus na hulle toe. “Vir wie soek julle?” vra Hy.