John 18:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar julle het die gewoonte dat Ek vir julle een moet loslaat op die pasga; wil julle dan dat Ek vir julle die Koning van die Jode loslaat? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is egter die gebruik by julle dat ek iemand vir julle loslaat op die Paasfees. Wil julle dus hê dat ek vir julle die Koning van die Jode loslaat?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar julle het 'n gewoonte dat ek vir julle op die pasga iemand moet loslaat; wil julle dan hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat? |
| Afrikaans 1983 | Maar julle is gewoond dat ek vir julle gedurende die paasfees iemand loslaat. Wil julle hê ek moet die koning van die Jode vir julle loslaat?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Maar daar is 'n gebruik vir julle dat ek vir julle een persoon vrylaat gedurende die Pasga. Wil julle hê dat ek vir julle die koning van die Jode vrylaat?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle weet ek laat altyd vir julle iemand uit die tronk kom wanneer dit Paasfees is. Wil julle hê ek moet vir Jesus, die koning van die Jode, laat uitkom?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek laat mos altyd met paasfees vir julle ’n gevangene vry. Wat daarvan as ek vir julle hierdie koning van die Jode laat gaan?” |