John 18:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En nadat Hy dit gesê het, gaan Hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in hom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Pilatus sê toe vir Jesus: “Wat is waarheid?” Terwyl hy dit sê, gaan Pilatus weer buitentoe na die Jode en kondig aan: “Ek vind geen skuld in hom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in Hom nie. |
| Afrikaans 1983 | “Wat is waarheid?” sê Pilatus toe vir Hom. En toe hy dit sê, gaan hy weer uit na die Jode toe en sê vir hulle: “Ek vind geen skuld in hom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Pilatus sê toe vir Hom: “Wat is waarheid?” Nadat hy dit gesê het, het hy weer na die Jode uitgegaan en vir hulle gesê: “Ek vind geen skuld in hom nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Pilatus vra toe vir Jesus: “Wat is die waarheid? Ek dink niemand weet nie.” Toe Pilatus klaar met Jesus gepraat het, het Hy weer uitgegaan na die Jode toe. Hy het vir hulle gesê: “Jesus het niks verkeerd gedoen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Waarvan praat jy? Wat is die waarheid?” vra Pilatus Hom. Na die gesprek is Pilatus toe weer buitetoe. Daar sê hy vir die Jode: “Dit lyk nie vir my of hierdie man iets verkeerds gedoen het nie. Ek wil ’n voorstel maak. |