John 18:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Pilatus sê toe vir Hom: Is jy dan 'n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek 'n koning is. Hiertoe is Ek gebore, en daarom het Ek in die wêreld gekom om van die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Is jy dan tog wel ’n koning?” vra Pilatus. “U sê dit, dat Ek ’n koning is,” antwoord Jesus. “Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom, met die doel om vir die waarheid getuienis af te lê. Elkeen wat lief is vir die waarheid, luister na my stem.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog 'n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek 'n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem. |
| Afrikaans 1983 | “Dan is jy tog wel 'n koning?” vra Pilatus. “Dit is soos u sê: Ek is 'n koning,” antwoord Jesus. “Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Is u dan tog 'n koning?” het Pilatus gevra. Jesus antwoord hom: “U sê dat Ek 'n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek na die wêreld gekom: om oor die waarheid te getuig. Elkeen wie se bestaan in die waarheid gegrond is, luister na my stem. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Pilatus het vir Jesus gesê: “O, jy is 'n koning?” Jesus het vir hom gesê: “Dit is jý wat sê Ek is 'n koning. Ek is gebore en Ek het na die wêreld gekom om vir die mense van die waarheid te kom vertel. Elkeen wat die waarheid gekry het van God, luister na My.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “O so, dan is jy tog ’n koning!” sê Pilatus toe. “As jy so sê,” sê Jesus. “Ek het na hierdie wêreld toe gekom met ’n doel: om met oortuiging vir mense die waarheid te kom vertel. Ja, daarvoor is Ek gebore. Weet jy wie luister na wat Ek sê? Mense wat hart en siel aan die kant van die waarheid staan.” |